Username: Password: Remember Don't remember
Forgot your username or password?  
  home | register | nwo | best operating practices | documents | codes of good practice | procedures | employer rights
 
  legislation | caselaw research | legal advice | article archive | events | contact us | advertise | suggestions  
  Nasionale Werkgewers Organisasie (NWO) Saturday, 19th May 2012  
   
     
 

Wie is die NWO?

(English text)

Die NWO is ‘n nie-winsgewende organisasie wat, deur die lewering van uitmuntende diens, deskundige regsadvies en verteenwoordiging van ons lede in die arbeidshowe, daarna streef om gesonde verhoudinge in die werksplek te bewerkstellig.

Ons bou saam met ons lede ‘n kultuur van wedersydse vertroue en lojaliteit deur die toepassing van regverdige en wetlike dissipline om sodoende produktiwiteit te bevorder.

Visie

Ons visie is om, deur die lewering van ‘n omvattende, professionele arbeidsdiens, in vennootskap te wees met ons lede en daardeur bekend te staan as die werkgewersorganisasie van keuse.

Na aanleiding van intensiewe navorsing, deur die NWO, na die unieke behoeftes wat werkgewers in die kommersiële arbeidsmark ondervind, bied ons u die geleentheid om ‘n pakket saam te stel wat u pas. Ons lede het toegang tot die volgende:

  • Gratis telefoniese advies
  • Opleiding in Arbeidswetgewing
  • Verteenwoordiging in die Arbeidshof en/of enige ander forum waar arbeidsdispute aangehoor word, asook die opstel van alle dokumentasie in gevalle van kondonasie- en tersydestellingsaansoeke
  • Opstel van alle toepaslike prosedures soos deur wetgewing vereis, bv. griewe-, dissiplinêre- en ander kodes
  • Die NWO tree op as voorsitter in dissiplinêre verhore
  • Bystand en fasilitering van afleggingsprosedures
  • Verteenwoordiging in Unie (vakbond) onderhandelinge
  • Bystand in stakings en aanvra van dringende interdikte in Arbeidshof waar nodig
  • Opstel en indiening van aansoek om vrystelling van spesifieke loonvasstelling en/of Bedingingsrade
  • Voorsiening van enige dokumentasie benodig om u arbeid te bestuur
  • Implementering van kontrakte deur ‘n gekwalifiseerde regsadviseur op u perseel
  • Voorsiening van enige dokumentasie soos deur die Wet vereis (bv. plakkate wat die volgende wette bevat: die Wet op
  • asiese Diensvoorwaardes, Beroepsveiligheid en Gesondheid, Gelyke Indiensneming en Dissiplinêre kodes)
  • Vaardigheidsontwikkeling
  • Opstel van Beroep Gelykheidsplanne

Spesifiek vir huis- en tuinwerkers

  • Implementering van kontrakte en voorsiening van toepaslike dokumentasie
    24-uur telefoniese bystand
  • Gratis voorsiening van werkloosheidsversekering kontakbesonderhede en relevante dokumentasie
  • Gratis opleiding van arbeidsregtelike aspekte
  • Voorsiening van toepaslike minimum lone vir huiswerkers
  • Voorsiening van kontakbesonderhede vir WVF registrasie en relevante dokumentasie
  • Samestelling en implementering van dienskontrakte soos benodig vir die toepaslike wetgewing, sektorale- of loonvasstellings en/of bedingingsraad
  • Samestelling van alle relevante veranderinge, ten opsigte van dokumente in die werksplek

Die NWO sien om na die unieke behoeftes van elke werkgewer en verleen betroubare arbeidsadvies ten alle tye.

Een van ons regsadviseurs sal, in konsultasie met uself, ‘n bekostigbare pakket saamstel wat aan u behoeftes voldoen en aan u die versekering gee van professionele bystand en leiding in u arbeidsake. Ons regsadviseurs sal die stresvolle dispute hanteer en u kan voortgaan om op die bedryf van u besigheid te fokus in gesonde arbeidsverhoudinge.

VOORWAARDES EN UITSLUITINGS

  • Lid is verbind daartoe om lidmaatskap vir 12 maande in stand te hou, omdat kwotasie oor 12 maande bereken word.
  • Alle dispute wat voor die aansluitdatum ontstaan het, is uitgesluit van regsdekking en vir eie rekening.
  • Indien die arbeidsmag toeneem, moet regsdekking verhoog word – indien dit nagelaat word, sal voordele pro rata uitbetaal word.
  • Indien premies agterstallig is, verbeur die lid sy Regsbystandvoordele.
  • KVBA sake waarvan die dissiplinêre verhoor nie deur die NWO Regsadviseur gedoen is nie, sal nie gedek wees nie.

ADDISIONELE DIENSTE AAN LEDE

Dienste wat nie binne die retainer val nie, word aan lede (en nie-lede) gelewer teen R400/uur en R2.75/km.

Onthou: Om verteenwoordig te kan word in die onderskeie arbeidsforums, moet u lid wees van ‘n Werkgewersorganisasie.

Die alternatief is dat uself in die KVBA teen die vakbond verteenwoordiger te staan kom.

Kontak ons vir verdere besonderhede: 0861-636-696

 
     
The HRFocus Web Site is protected by copyright. ©2006
Disclaimer